Nuwe Ruger American

 

New Ruger American

 

Ruger in die VSA het onlangs ‘n bekostigbare nuwe intree-klas geweermodel wat as die ‘American’ bekendstaan vrygstel met ‘n VSA kleinhandel prys van minder as US$ 430. In Afrika behoort dit prysgewys met die Howa en die Remington M-710 te kompeteer.
 

Die American is in standaard en kompakte modelle beskikbaar. Algehele lengte vir die Standard is 42” (±107 cm) en vir die Compact is dit 36.75” (±93 cm). Die gewere weeg onderskeidelik 6-lb (2,72 kg) en 6¼-lb (2,83 kg).
 

Die American is ‘n trippelnok stootvoer ontwerp met 70° grendelrotasie. Die kolwe is uit ‘n swart mengsel vervaardig en met aluminium pakblokke toegerus wat Ruger as sy ‘Power-Bedding-System’ beskryf. Die sneller trek op die Savage AccuTrigger en kan tot 5 lb (2,27 kg) verstel word. Die American het ook die baie gerieflike haelgeweer tipe veiligheidsknip op die rompstert wat ons laas op die eerste 1968 Ruger M-77 gewere gesien het. Linkshandiges sal daarvan hou.
 

Die gehammerde lope op die American is 18” (±460 mm) lank op die Compact model en 22” (±560 mm) op die Standard model. Die Compact model is beskikbaar in .243 Winchester, 7mm-08 and .308 Winchester kalibers. Die Standard model kom in ‘n Short Action Standard weergawe gekamer vir dieselfde patrone sowel as vir die .22-250 Remington. Die Long Action Standard model is in .270 Winchester en .30-06 Springfield beskikbaar.
 

Ruger American gewere word nie met oop visiere toegerus nie, maar kom standard met ‘n stel basisse vir teleskoop montering. Die basisse is die Warne/Weaver tipe en behoort versoenbaar te wees met ‘n wye verskeidenheid ringe.
 

 

This will close in 2 seconds

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop
    Privacy Overview

    This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.