Sep 30, 2013 | Bulletin - September 2013
Hierdie September behoort die jagbedryf fees te vier.
Nie net omdat dit lente is, of omdat die jagseisoen in hoogste rat is nie. Maar omdat ‘n buffel bul, met horings van meer as 50 duim op ‘n Suid-Afrikaanse veiling vir meer as US$ 4 miljoen verkoop is.
Dit mag gek lyk – en ongeag of jy teen of ten gunste van wildteling is – die waarde van teeldiere met top horinglengtes, die bereidwilligheid van die vermoeënde mense om in die bedryf te belê en, uiteindelik, hoe dit als op die waarde van jag dui, kon nie ‘n duidelike boodskap gekry het nie. Maar, ten spite van sommige mense se skynbaar onbevredigbare behoefte om te jag en om trofeediere te jag – span en werk die jagbedryf in Afrika nie saam nie. Dit bevorder die voordele van die jagbedryf ook nie naastenby so goed as wat dit behoort te doen nie. Dit mis doodeenvoudig die geleenthede om regtig goeie boodskappe oor te dra.
Hierdie maand was so ‘n geleentheid. Die bedryf het dit verspeel.
Ons vertrou dat u die nuus en inligting in hierdie maand se bulletin geniet het.
– Richard Lendrum
Sep 30, 2013 | Bulletin - September 2013
Die SAL het sy baggasiebeleid verander om die aantal stukke wat ‘n passassier mag inboek te beperk.
Die nuwe reels wat vanaf 5 September 2013 geld, beperk en omskryf die aantal baggasiestukke wat ‘n passasier mag inboek, asook die gewigsbeperkings vir elke stuk ooreenkomstig die roete en die vliegklas. Oortollige bagasie sal teen ‘n vaste koers per item per reël verbreek belas word. Dit beteken dat indien ‘n item beide oorgewig en oorgroot is, twee heffings sal geld. Gewig en groottebeperkings geld vir alle baggasie, insluitende items bykomend tot die normale baggasie vergunning. Ten einde aan die lughawe se laaitoerusting beperkings te voldoen kan die SAL geen item wat meer as 32 kg weeg inboek nie. Passassiers op veelvlug/veelsektor kaartjies of wat op SAL vennootvlugte reis, bv met SAL vlugnommer kaartjies by die SAL aangekoop, maar wat deur ‘n ander redery bedien word, moet met die ander redery skakel om die toepaslike die bagasiereëls te bepaal. Inligting oor die nuwe beleid word by www.flysaa.com verskaf.
Sep 30, 2013 | Bulletin - September 2013
Suid-Afrika is besig met die instelling van ‘n nasionale databasis van aktiewe beroepspersone in die jagbedryf.
Die doel is om vir die eerste keer ooit, ‘n sentrale nasionale databasis van aktiewe, geregistreerde en gelisensieerde beroepsjagters, jagondernemers en beroepsjag-skooldirekteure te ontwikkel en in stand te hou. Die stelsel beoog om ‘n persoon se registrasie-geskiktheid op nasionale vlak te beheer. Indien ‘n persoon se bedryfspermit in een provinsie ingetrek is, bv. vir ‘n rede soos die kras verbreking van NEMBA (Nasionale Wet op Bestuur van Omgewingsbiodiversiteit) sal dit hom verhoed om in ‘n ander provinsie te lisensieer.
Die konsep is nog in die beginstadium en die Departement van Omgewingsake stel nog regulasies op om die proses te dryf. Voor inwerkingtreding sal dit aan die normale wetgewende proses van konsultasie en openbare kommentaar wat in die RSA geld onderwerp moet word. Die proses kan in 2013 begin, maar die verdere skedule is nog onseker.
Die databasis sal tans nie die bestaande vereiste verander dat beroepspersoneel moet lisensieer in al die provinsies waar hul aktief is nie. PHASA, die Beroepsjag Vereniging van SA, het die inwerkingstelling van die nuwe Nasionale Omgewingsbestuur Wysigingswet verwelkom en gesê dat die eerste stap na ‘n nasionale permitselsel is en ook dat: ‘Die huidige stelsel waarkragtens beroepsjagters, jagondernemers en beroepsjag-skooldirekteure in elke provinsie moet registreer is ‘n nagmerrie en PHASA bepleit lankal ‘n nasionale register. Ons hoop dit baan die weg vir ‘n nasionale permitstelsel wat die admistratiewe las van nakoming van nege provinsiale stukke en een nasionale stuk wetgewing sal uitskakel. Dit kan ook die skuiwergate vir misbruik van die bestaande stelsel uitskakel, want sulke misbruik het die aansien van die beroepsjagbedryf geskaad. PHASA gaan voort om met die Departement van Omgewingsake en ander NROs saam te werk om onwettige jag uit te wis.’
Sep 30, 2013 | Bulletin - September 2013
CITES het onlangs op sy webwerf gemeld dat: Die Sekretariaat van die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies Wilde Fauna en Flora verwelkom die Uitvoerende Bevel rakende die Bestryding van Smokkel van Natuurprodukte wat deur die President van die VSA, Barack Obama op 1 Julie 2013 uitgereik is. Die Uitvoerende Bevel spreek die binnelandse en internasionale reaksie oor die oplewing in smokkel van natuurprodukte aan.
Die Uitvoerende Bevel loods ‘n Presidensiële Taakmag van Natuurproduk Smokkel met bepaalde voorgeskrewe take, en met die Staatsekretaris, die Sekretaris van Binnelandse Sake en die Prokureur-Generaal of hul gemagtigdes as mede-voorsitters om deur die Nasionale Veiligheids Raadgewer aan die President verslag sal doen.
‘Hierdie Uitvoerende Bevel stuur ‘n sterk boodskap dat natuurlewe misdaad net so ernstig is as dwelm- en wapensmokkel. Die aanbod tot finansiële en tegniese hulp met beter wetgewing om die smokkel van natuurprodukte hok te slaan en die beoogde opleiding van voorste linie wetstoepassers is uiters nodig.’ volgens Mnr John E. Scanlon, die CITES Sekretaris-Generaal.
Sep 30, 2013 | Bulletin - September 2013
AHI will die bedryf se aandag graag vestig op die CIC Jong Opinie Navorsings-toekenning.
Die CIC (Internasionale Raad vir Wild en Natuurlewe Bewaring) is ‘n globale, interstaatlike organisasie sonder winsbejag met natuurbewaring by wyse van volhoubare benutting as doelstelling. Die Jong Opinie werksgroep van die CIC fokus op die daarstelling van ‘n globale netwerk van jong wetenskaplikes onder die ouderdom van 35, wat CIC se waardes ondersteun.
Jong Opinie Navorsings-toekenningbeoog om navorsers te ondersteun wie se projekte bydrae tot volgehoue benutting van die natuurlewe tot voordeel van die bewaring van die natuur erfenis. Vervolgens is die doel van die Jong Opinie Navorsings-toekenning om wetenskaplike navorsing ooreenkomstig die gees van die CIC se oortuigings te bevorder. Daar word van deelnemers verwag om ‘n opsomming van hul navorsingsprojek te verskaf, waarin die oogmerk, metodiek en gevolgtrekkings van die projek uiteengesit word.
Die paneel bestaande uit ‘n komitee van CIC kundiges sal twee wenners bepaal. Die wenners sal beloon word met ‘n uitnodiging na die 61ste Algemene Vergadering in Milan (23-26 April 2014) om hul projekte voor te lê en kontak te maak met sleutelspelers en kundiges op die gebied van volhoubare jag. Die prys dek die registrasiefooi, verblyf en reiskoste. Die spertyd vir aansoeke is 15 November 2013. Die uitslag sal middel Februarie 2014 aangekondig word.
Vereistes: Meesters- en Dokotorale kursus studente jonger as 35 kwalifiseer om aansoek te doen. Die opsomming moet aan die volgende standaarde voldoen:
- Een van drie benaderings rakende volhoubare jag dek, synde: economies, sosio-kultureel, of ekologies (onderwerp voorbeelde: etiek, politiek, of jaggeskiedenis, natuurlewe bestuur vergelykings van habitat verbetering to oes strategieë.
- Maksimum lengte is 3600 karakters/twee bladsye
- Voertaal – Engels
- Dien aansoeke in met die onderwerp aangedui as CIC Young Opinion Research Award 2014 by office@cic-wildlife.org.
Sep 30, 2013 | Bulletin - September 2013
Die Wildman Jag & Buitelewe ‘franchise’ is onlangs deur JJ Wapens van Ermelo in Suid-Afrika van staple gestuur. Winkels het reeds in Graaf-Reinet en Upington geopen, terwyl winkels binnekort in Ellisras, Rustenburg en Nelspruit gaan open. Nog ‘n winkel is in die Kaap in proses. Wildman se doel is om plaaslike jagters met ‘n ononderbroke reeks ingevoerde en plaaslike produkte te voorsien, want dis iets waarmee plaaslike jagters sukkel.