Differentiate or Die, was die naam van ‘n boek wat ek omtrent 10 jaar gelede gekoop het. Dit het my aandag getrek. Sedertdien het talle ander boeke met dieselfde sentrale tema verskyn: As jy jouself nie van jou opponent kan onderskei nie, loop jy die risiko om te sterf – minder dramaties gestel; die risiko van ondergang.
Alhoewel dit moeilik mag klink om ‘n Afrika jagsafari te onderskei, is daar tog baie sulke geleenthede as jy daaroor gaan dink, jou onderneming goed onder die loep neem en presies bepaal wie en wat dit is. Indien dit jou waardes is – is jy die ernstige stil tipe, ‘n feesdier, toegewyde Christen, familieman, geen-kinders man, eks-weermag? Noem dit; daar is altyd ‘n manier om jou te beskryf. You kamp-ervaring: Is dit formeel, modern, landelik, elegant, luuks, huislik, ‘n kasteel, ‘n herehuis, ‘n plaashuis of asof gaste by jou gesin inwoon?
Ek was al by talle fotokampe en dink aan interessante klein goedjies. By een was dit die olifantmis wat verpoeier en oor die paadjies gestrooi was om dit doodstil te hou as mens tussen die hutte rondstap. Probeer maar net op ‘n droeë mopanieblaar paadjie te stap om die verskil te ervaar. Ek sal dit nooit vergeet nie.
Vanaf die kliënte se aankoms in die kamp is die klein dingetjies, die aandag aan die detail van hul akkommodasie en etes, van uiterste belang.
Ek het onlangs met ‘n ondernemer gewerk wat die langste ononderbroke safari onderneming in sy land bedryf. Tog word die ontsettend belangrike onderskeiding in klein skrif weggesteek waar dit nie opgemerk word nie. Daar is net een onderneming wat die aanspraak kan maak en as dit jy is – maak seker almal weet dit!
Byna sonder uitsondering sê jagters dat dit absoluut alles tot en met die finale trek van die sneller is wat hulle as hul safari ondervinding in ag neem en jou voor onthou. Hoe meer aspekte jy kan raaksien om jouself te onderskei, hoe beter.
So, soek na verskille, jou ‘unieke verkoopstellings’ soos wat daarna in bemarkingstaal verwys word. My voorstel is dat jy die wêreld dan inlig oor hierdie onderskeidende elemente waarvoor jy uitstaan.
– Richard Lendrum