Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Zimbabwe se SOAZ het onlangs ‘n persverklaring vrygestel waarin jagters wat wat jagte in Zimbabwe Nasionale Parke koop daarop gewys word dat:
- Dit rantsoen jagte is
- Wat nie in sensitiewe of aktiewe toeriste gebiede van die parke mag plaasvind nie
- Trofeediere uitsluit (bv. ≥30 kg / 66.15 lb vir olifanttande), en dat
- Alle produkte van die diere die eiendom van die Zimbabwe Parks & Wildlife Management Authority bly
- Voertuie wat nie in Zimbabwe geregistreer is nie, nie tydens sulke jagte gebruik mag word nie.
Jagters wat die reëls oortree stel hulself uiteraard bloot aan vervolging in Zimbabwe.
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
In die verlede was dit moontlik om tydelike vuurwapen uitvoerpermitte tydens opwagting by grensposte van die SAPD te bekom. Dit sal voortaan nie meer moontlik wees nie. Die SAPD vereis dat jagters nou ten minste drie weke voor vertrek by hul plaaslike AVOs aansoek moet doen. Indien die aansoek vertraag word kan dit gebeur dat permitte nie betyds uitgereik word nie. African Hunting Gazette raai jagters dus aan om eerder:
- Ten minste ses weke voor vertrek aansoek te doen
- Te verseker dat die reeksnommers op hul wapens duidelik, leesbaar en korrek is.
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Volgens die RSA se Departement van Omgewingsake (DOS) is 553 renoster reeds die jaar in Suid-Afrika gestroop. ’n Segsman vir die WorldWide Fund for Nature in South Africa (WWF-SA) is aangehaal dat hulle meen dat die renosterbevolking op die rand van afname is.
Daar word verwag dat 668 renosters vanjaar gestroop gaan word – meer as in 2012. Nieteenstaande die arrestasie van 150 stropers die jaar blyk selfs aggressiewe anti-stroop operasies nie besonder suskesvol te wees nie. Die mening is dat die arrestasie van stropers nie die probleem sal oplos nie. Die WWF-SA is blykbaar van mening dat sukses behaal kan word as rolspelers hoër op in die ketting van die internasionale georganiseerde misdaad sindikate deur wetstoepassers gearresteer word.
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Die Departement van Omgewingsake (DOS) het die voorstelle van die Rhino Issues Management (RIM) verslag onlangs bekendgemaak. Die verslag stel die onmiddelike onthoringing van duisende renosters in die nasionale parke voor. Die skrywer van die verslag, die voormalig hoof uitvoerende beampte van SANParks, Mavuso Msimang, het aangedui dat dit drie jaar sal duur en R84 miloen sal kos om die SANParke se renosters to onthoring, DNS monsters te neem en mikroskyfies in te plant. Aangesien renosterhoring met omtrent 5cm per jaar groei sal die proses elke 3-4 jaar herhaal moet word. Die regering het aangedui dat dit tans nie ‘n opsie is nie.
Mnr Msimang het ook met die oorspronklike konsep van ‘n renosterhoring handels-struktuur vorendag gekom wat moontlik aan die Johannesburgse Effektebeurs gekoppel kan word aan aanbeveel dat die regering nie tot 2016 wag nie, maar CITES Artikel 27 gebruik om ‘n tussentydse aansoek na CITES te loods om die verbod op die handel in renosterprodukte op te hef.
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
‘n Span wetenskaplikes van die Cardiff Universiteit se School of Biosciences het ‘n DNS tegniek ontwikkel wat spesies akkuraat kan identifisier met gekookte vleismonsters uit die stedelike bosvleis markte in Guinea-Bissau.
Volgens die Cardiff Universiteit het die afwesigheid van ‘n betroubare diagnostiese tegniek voorheen pogings belemmer om die bedreiging wat onwettig jag van colobus ape, bobbejane en sjimpansees inhou te ondersoek. Deur die insameling van gekookte weefselmonsters het die navorsers vir die eerste keer daarin geslaag om by wyse van DNS kodering die spesifieke primate wat verhandel word te identifiseer. Dit het interessante en onverwagte resultate opgelewer. Die DNS is uit die vleismonsters onttrek en kodeer by wyse van ordening van spesies-spesifieke DNS by die School of Biosciences.
Die navorsers hoop dat die tegniek bruikbaar sal wees vir regeringsagentskappe wat wêreldwyd verantwoordelik is vir die beheer van die onwettige bosvleis bedryf.