Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Ons het nou die laaste derde van die jaar betree. In die tyd is dit belangrik dat u onthou dat ons net ‘n telefoon-oproep of vonkpos weg is as ons u enigsins kan ondersteun met raad, wenke en voorstelle.
Ek is sopas terug van ‘n besoek aan die VSA en Kanada waar ek vrugbare besprekings gevoer het met die Hunting Report en die Safari Club International hoofkantoor. Daarna was ek Calgary en Edmonton toe waar ek nie net bande met die SCI-takke versterk het nie, maar dit ook kon herhaal met almal wat ons daar help met die oploop na ons 2014 jagskoue.
Die houding in Noord-Amerika is uiters positief, in Alberta in besonder. Gemeet aan die aantal jagters op pad terug na die VSA op Delta Vlug 201 en die wat saam met my op Delta 200 op pad was na Afrika, lyk dinge belowend!
Buitelandse jagters moet net oor Afrika ingelig word, die versekerings gebied word wat hulle benodig en wêreldklas diens ontvang en ek is oortuig dat ons sal elke jaar meer jagters sal lok.
Genoeg daaroor. Hierdie maand se Bulletin bevat ons gewone samestelling van nuus, wenke en raad en ons vertrou dat dit u help.
Groete
Richard Lendrum
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Game Over Taxidermy
Eienaar se Naame: Raynardt van der Merwe
Plek: Fabricia Straat 10, Kimberley, NoordKaap
Jaar Gestig: 2008
Hoof Bedieningsgebierd: Kanada, Europa
Tel Nr: +27-53-831 4891
Fax Nr: +27-53-831 4891
Epos: gameover.taxidermy@webmail.co.za
Webwerf: http://www.gameovertaxidermy.co.za
Spesialiteite: Alle dienste
Behandeling en Verpakking: Verskeie maatskappye
Verskeper: Safari Air Cargo
Gemiddelde trofee prosessering: 24 – 28 weke
Gemiddelde maandelikse trofeë: 40 – 50
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Die Nuwe Mauser M-12 Jaggeweer
Mauser Jagdwaffen van Duitsland het hul nuwe M-12 jaggeweer in Maart vanjaar by die IWA skou aangekondig. Die M-12 is die jongste van die drie modelle in die Mauser geweer reeks. Die ander twee is die Mauser M-98 en die Mauser M-03. Die M-12 is ‘n tipiese moderne stoot-voer geweer en kan as ‘n tipe kruising met kenmerke van beide die M-98 en die M-03 beskou word.
Die ontwerp het ‘n versonke 6-nok ontwerp met nokke wat direk in die loop sluit op die voorpunt van die grendel. Ongewoon is die feit dat daar twee dompertipe uitwerpers in die grendelkop versink is. Die M-12 beskik oor ‘n 3-posisie syswaai veiligheidsknip op die grendel se huls en herinner aan die Heym s’n.
Die M-12 Standaard beskik oor ‘n 5-skoot verwyderbare magasyn en 560mm (22”) lope en kom in hout en sintetiese kolf modelle in .22-250 Remington; .243 Winchester; 6,5×55mm Swedish; .270 Winchester; 7×64mm Brenneke; .308 Winchester; .30-06 Springfield; 8×57mm IS Mauser en die 9,3×62mm Mauser kalibers. Dis `n ligte geweer wat ongeveer 3,1 kg (6.75 lb) weeg. Die magasynknip is uiters gerieflik voor die magasynkas geplaas.
Die Magnum model het ‘n 4-skoot verwyderbare magasyn met ‘n 620mm (24.5”) loop en is tans in drie kalibers beskikbaar: 7mm Remington Magnum; .300 Winchester Magnum en die .338 Winchester Magnum. Die Magnum model weeg ongeveer 3,2 kg (7 lb).
Die M-12 se kolf is genadiglik in die klassieke styl eerder as die Duitse en Bavariese style wat so ongewild in die RSA en VSA is. Die M-12 sal die mees bekostigbare in die Mauser reeks wees en waarskynlik die gewildste. Dit is `n wapen wat met Amerikaanse gewere soos die Remington, Ruger, Savage en Winchester kan meeding.
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Bushnell Fusion 1 Myl ARC Verkyker
Hierdie Bushnell verkykers bied afstandmeting tot ‘n myl vêr op hoogs weerkaatsende teikens tot die presisie van een meter. Dit beteken 1,600 meter. Op laer weerkaatsende teikens is hulle akkuraat tot ongeveer 900 meter – aansienlik verder as wat ons skiet. Hulle is beskikbaar in 8×32, 10×42 and 12×50 modelle en bied HAR (Hoek Afstand Regstelling) for opdraend en afdraend skiet. Beide bied boonop geweer en boog modules. In die geweer module bied hulle die ongewone eienskap van agt vlugbaan keuses vir verskillende patroon groepe wat die koeëlval vir die jagter bereken oor die afgemete afstand! Die verkykers is nie goedkoop nie, maar teen R15,000 is hulle bekostigbaar en uiters goeie waarde vir geld.
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Oorvertelling is ongetwyfeld die beste manier van bemarking en iets wat ons almal moet streef om die beste van te maak. Maar waar begin dit, of eerder, met wie begin dit? Iemand moes mos al eers by jou gejag het ten einde jou te kan aanbeveel. Dit mense, is wat ek wil benadruk u moet stop om te oordink.
Ons internasionale jagnavorsing toon aan dat:
- 73% van jagters glo dat vriende belangrik, of selfs uiters belangrik is om aangaande ‘n volgende safari te raadpleeg
- 93% van jagters het vriende wat nog NOOIT in Afrika gejag het nie
- Van die 93% het 53% het ten minste vier of meer vriende wat nog nooit in Afrika was nie.
So wat doen ons omtrent hierdie geleentheid?
- Vra jy jou kliënte om ‘n verslag of oorsig aan die einde van hul jag te voltooi met kliënt leidrade?
- Gee jy hulle ekstra brosjures om aan hul vriende/kliënte te gee?
- Indien jy nie brosjures het nie, wat van ‘n poskaart of vermelding van jou webwerf?
- Vra jy hulle vir eenvoudige getuigskriffie?
- Weet jy waar jou kliënt van jou gehoor het?
So, alhoewel advertensies, skou uitstallings, brosjures en webwerf jou aanvanklik geld gaan kos – is dit net geld en ‘n belegging in die langtermyn pyplyn van besigheid wat kliënte wat oor jou kan praat oplewer. Dis waar dit begin.
Aug 28, 2013 | Bulletin - Augustus 2013
Tydens Augusts het ons jagondernemers in Namibië besoek. Dis ‘n groot land en dit vat lank, maar ons het ‘n draai by die volgende ondernemers gemaak:
- Bergzicht Game Lodge
- Nick Nolte Safaris
- Mahonda Safaris
- Eden Trophy Hunters
- Uhlenhorst Hunting Safaris