Kimber Model 84
Alhoewel Afrika eienaars van die VSA vervaardigde Kimber gewere glo dis die beste produksiegewere wat nog ooit vervaardig is, is Kimber gewere nieteenstaande hul uitstekende diensrekord vanaf 1982, nie hier baie bekend nie. Kimber M-84 gewere is op die voor-64 Winchester M-70 ontwerp geskoei en kan beskryf word as semi-handgemaakte produksiegewere. Dis regtig wapens om te oorweeg.
Kimber is gestig met die uitsluitlike doel om die beste klassieke jaggewere wat ooit in die VSA beskikbaar was te bou. Wapen kundiges het hulle vroeg uitgetoets, van hulle gehou en die woord versprei. Vandag word Kimber jaggewere deur van die wêreld se mees vooraanstaande jagters verkies en danksy die lae produksie getalle staan mense tou om die gewere te bekom.
Kimber gewere bied ‘n kombinasie van kenmerke wat hulle van alle ander produksiegewere onderskei. Lope, kamers en snellers het kritieke kompetisievlak toleransies vir akkuraatheid. Pillaar-en-veselglas pakking verseker akkuraatheid en duursaamheid. Okkerneut kolwe word met die hand afgewerk en geruit, en ook die Kevlar-koolstof sintetiese kolwe is die beste wat op produksiegewere beskikbaar is.
Modelle sluit die M-84L, M-84M, M-8400 WSM, M-8400 Magnum en die Specialty in. Benewens die normale gewilde kalibers is Kimber gewere ook beskikbaar in .204 Ruger, .257 Roberts, .280 Ackley Improved, .270 WSM, .300 WSM and .325 WSM. The Specialty is available .375 H&H, .416 Rem Mag en die .458 Lott.