Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Oktober is glo Selfmoordmaand.
Dié uitdrukking het ek al baie gehoor en behalwe vir die ongewone hitte, glo ek nog altyd dat daar nie ‘n beter tyd van die jaar is nie! Somer is in volle swang, die jagseisoen staan einde toe en na waarskynlik die beste rugbywedstryd vroeër die maand, lyk alles voor die wind. Behalwe … dat die lewe aanhoudend goël- en streepballe (vir krieketspelers) boul. Daar is altyd uitdagings; ongeag of dit die regering, wisselkoerse, of mededingers is. Hierdie maand se Bulletin is gemik op eenvoud, spoed en hopelik bruikbare inligting vir die komende weke en maande. Geniet dit.
– Richard Lendrum
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Die doodstraf wat aan die Zimbabwe wildbewaarder Maxwell Borwa opgelê is maak opslae. Die oorledene was blykbaar ‘n lid van ‘n kartel wat strooptogte en smokkelhandel tussen die klein dorpie Norton buite Harare en die Gokwe gebied bedryf het. Zimbabwe National Park en Polisie het blykbaar ‘n gesamentlike klopjag op die rowers se skuilplek goedgekeur.
Toe die Parke en Polisie groepe by die skuilplek opdaag was talle verdagtes besig om fees te vier tussen ‘n oorvloed onwettige vuurwapens. Die verdagtes het toe gevlug. Maxwell Borwa het verskeie skote afgevuur, twee waarvan ene Lenna Nkosana getref en gedood het. Ten minste een van die skote het Nkosana blykbaar in die rug getref.
Die besit van onwettige vuurwapens is ‘n Skedule Een oortreding in Zimbabwe. Dodelike geweld mag gebruik word om ‘n Skedule Een oortreder vas te trek. As gevolg van die dorpenaars se reaksie moes die wetstoepassers die aftog blaas om die volgende dag terug te keer.
Zimbabwe beskik oor die Parke en Wildlewe Kwytskeldingswet waarkragtens Borwa blykbaar beskerming moes geniet. Die verhoorlanddros het egter bevind dat die P&W Kwytskeldingswet net van toepassing is binne Parkeraad grondgebiede en het Borwa ter dood veroordeel. Die uitspraak se korrektheid word betwis. Zimbabwe National Parks is blykbaar besig om ‘n appél namens Borwa te loods.
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Rudolph Optics
Die Suid-Afrikaanse maatskappy Rudolph Optics het hul reeds omvattende produktereeks die afgelope drie maande met verskeie nuwe produkte uitgebrei. Die nuwe bekendstellings sluit in:
- Rudloph Varmint reeks V1 model 4-12x40mm en die V2 model 6-24x50mm geweer teleskope.
- Rudolph spil-tweepote. Die kenmerke sluit in stewige en geharde liggewig aluminium konstruksie, veerbelaaide verstelbare bene met hoogtekerfies, bandskakel hegting en ‘n rubber skermstuk wat die geweer beskerm.
- Rudolph gehoorbeskermers. Die spesifikasies is: NRR 25dB, onmiddellike puls geraasbeperking bo 85dB, 8x klankverbetering, dubbelle stereo volume kontroles, ten volle verstelbare kopverstellings en dit gebruik 4x 1.5 volt langlewe AAA batterye wat tot 200+ uur diens verskaf.
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Kimber Model 84
Alhoewel Afrika eienaars van die VSA vervaardigde Kimber gewere glo dis die beste produksiegewere wat nog ooit vervaardig is, is Kimber gewere nieteenstaande hul uitstekende diensrekord vanaf 1982, nie hier baie bekend nie. Kimber M-84 gewere is op die voor-64 Winchester M-70 ontwerp geskoei en kan beskryf word as semi-handgemaakte produksiegewere. Dis regtig wapens om te oorweeg.
Kimber is gestig met die uitsluitlike doel om die beste klassieke jaggewere wat ooit in die VSA beskikbaar was te bou. Wapen kundiges het hulle vroeg uitgetoets, van hulle gehou en die woord versprei. Vandag word Kimber jaggewere deur van die wêreld se mees vooraanstaande jagters verkies en danksy die lae produksie getalle staan mense tou om die gewere te bekom.
Kimber gewere bied ‘n kombinasie van kenmerke wat hulle van alle ander produksiegewere onderskei. Lope, kamers en snellers het kritieke kompetisievlak toleransies vir akkuraatheid. Pillaar-en-veselglas pakking verseker akkuraatheid en duursaamheid. Okkerneut kolwe word met die hand afgewerk en geruit, en ook die Kevlar-koolstof sintetiese kolwe is die beste wat op produksiegewere beskikbaar is.
Modelle sluit die M-84L, M-84M, M-8400 WSM, M-8400 Magnum en die Specialty in. Benewens die normale gewilde kalibers is Kimber gewere ook beskikbaar in .204 Ruger, .257 Roberts, .280 Ackley Improved, .270 WSM, .300 WSM and .325 WSM. The Specialty is available .375 H&H, .416 Rem Mag en die .458 Lott.
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Life-Form Taxidermy
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Johan Svalby, regsadviseur van die Federasie van Jag- en Bewaringsverenigings in die EU (FACE), het onlangs in die Africa Indaba duidelikheid oor seekoei invoere in die EU vanaf Mosambiek verskaf. Hy skryf: ‘Dis so dat die EU seekoeie (Hippopotamus amphibious) vanuit Mosambiek in die mees onlangse ‘Opskortingsregulasie’ opgeneem het. Maar, aangesien die spesie in Aanhansel B tot die Raadsregulasie (EC) No 338/97 gelys word, is dit steeds moontlik vir jagters wat normaalweg in die EU woonagtig is om trofeë in die Unie in te voer vir nie-handelsdoeleindes kragtens die persoonlike en huishoudelike goedere toegewing, onderhewig daaraan dat ’n uitvoerpermit aan EU Doeane getoon kan word.
Die invoer van Aanhangsel B goedere (soos van ‘n Hippopotamus amphibious) word normaalweg deur Artikel 4, paragraaf 2 van Raadsregulasie (EC) No 338/97 beheer. http://eur-lex.europa.eu/LexUriServ/LexUriServ.do?uri=CONSLEG:1997R0338:20121215:EN:PDF. Beide uit- en invoerpermitte word vereis. In die geval van opskorting van ‘n Aanhangsel B spesie kragtens Artikel 4, paragraaf 6 (bv deur lysting in die opskortingsregulasie), kan ‘n invoerpermit nie vanaf die beheerliggaam van die bestemde Lidstaat bekom word nie en kan ‘n invoer dus nie wettig geskied nie.
Maar, kragtens Artikel 7, paragraaf 3 (Persoonlike en Huishoudlike Goedere) sal die bepalings van Artikel 4 (soos bovermeld) nie van toepassing wees op dooie diere, dele of verkrygings van spesies wat in Aanhangsels A tot D gelys word nie, aangesien dit persoonlike en huishoudelike goedere is wat in die Unie ingebring word.
Artikel 57 paragraaf 3 van die regulasie bepaal dat die eerste bekendstelling in die Unie van persoonlike en huishoudelike goedere, insluitende jagtrofeë, deur ‘n persoon wat normaalweg in die Unie woonagtig is en wat elemente bevat van spesies wat in Aanhangsel B van regulasie (EC) No 338/97 gelys word, vrygestel is van voorlegging van ‘n invoerpermit aan Doeane indien die oorpsronklike (her-)uitvoerpermit en ‘n kopie daarvan verskaf word.
Opsommend verhoed dit nie jagters wat normaalweg in die EU woonagtig is om trofeë vir nie-handelsdoeleindes in te voer kragtens die persoonlike en huishoudelike goedere toegewing nie, mits die uitvoerpermit aan Doeane verskaf kan word.
Navrae kan gerig word aan: johan.svalby@face.eu / www.face.eu.