Bushnell Fusion 1 Myl ARC Verkyker

 

Bushnell Fusion 1 Myl ARC Verkyker

Hierdie Bushnell verkykers bied afstandmeting tot ‘n myl vêr op hoogs weerkaatsende teikens tot die presisie van een meter. Dit beteken 1,600 meter. Op laer weerkaatsende teikens is hulle akkuraat tot ongeveer 900 meter – aansienlik verder as wat ons skiet. Hulle is beskikbaar in 8×32, 10×42 and 12×50 modelle en bied HAR (Hoek Afstand Regstelling) for opdraend en afdraend skiet. Beide bied boonop geweer en boog modules. In die geweer module bied hulle die ongewone eienskap van agt vlugbaan keuses vir verskillende patroon groepe wat die koeëlval vir die jagter bereken oor die afgemete afstand! Die verkykers is nie goedkoop nie, maar teen R15,000 is hulle bekostigbaar en uiters goeie waarde vir geld.