Suid-Afrika is besig met die instelling van ‘n nasionale databasis van aktiewe beroepspersone in die jagbedryf.
 

Die doel is om vir die eerste keer ooit, ‘n sentrale nasionale databasis van aktiewe, geregistreerde en gelisensieerde beroepsjagters, jagondernemers en beroepsjag-skooldirekteure te ontwikkel en in stand te hou. Die stelsel beoog om ‘n persoon se registrasie-geskiktheid op nasionale vlak te beheer. Indien ‘n persoon se bedryfspermit in een provinsie ingetrek is, bv. vir ‘n rede soos die kras verbreking van NEMBA (Nasionale Wet op Bestuur van Omgewingsbiodiversiteit) sal dit hom verhoed om in ‘n ander provinsie te lisensieer.
 

Die konsep is nog in die beginstadium en die Departement van Omgewingsake stel nog regulasies op om die proses te dryf. Voor inwerkingtreding sal dit aan die normale wetgewende proses van konsultasie en openbare kommentaar wat in die RSA geld onderwerp moet word. Die proses kan in 2013 begin, maar die verdere skedule is nog onseker.
 

Die databasis sal tans nie die bestaande vereiste verander dat beroepspersoneel moet lisensieer in al die provinsies waar hul aktief is nie. PHASA, die Beroepsjag Vereniging van SA, het die inwerkingstelling van die nuwe Nasionale Omgewingsbestuur Wysigingswet verwelkom en gesê dat die eerste stap na ‘n nasionale permitselsel is en ook dat: ‘Die huidige stelsel waarkragtens beroepsjagters, jagondernemers en beroepsjag-skooldirekteure in elke provinsie moet registreer is ‘n nagmerrie en PHASA bepleit lankal ‘n nasionale register. Ons hoop dit baan die weg vir ‘n nasionale permitstelsel wat die admistratiewe las van nakoming van nege provinsiale stukke en een nasionale stuk wetgewing sal uitskakel. Dit kan ook die skuiwergate vir misbruik van die bestaande stelsel uitskakel, want sulke misbruik het die aansien van die beroepsjagbedryf geskaad. PHASA gaan voort om met die Departement van Omgewingsake en ander NROs saam te werk om onwettige jag uit te wis.’
 


By submitting this form, you are consenting to receive marketing emails from: AHG. You can revoke your consent to receive emails at any time by using the SafeUnsubscribe® link, found at the bottom of every email. Emails are serviced by Constant Contact

This will close in 2 seconds

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop
    Privacy Overview

    This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.