Somchem Dryfmiddels
Na ‘n geruime tyd wat Somchem herlaai dryfmiddels nie beskikbaar was nie, is dit nou weer by handelaars bekombaar. Dit sluit Somchem S-365 in waarvan ernstige tekorte sedert vroeg 2013 ervaar was.
Na ‘n geruime tyd wat Somchem herlaai dryfmiddels nie beskikbaar was nie, is dit nou weer by handelaars bekombaar. Dit sluit Somchem S-365 in waarvan ernstige tekorte sedert vroeg 2013 ervaar was.
Differentiate or Die, was die naam van ‘n boek wat ek omtrent 10 jaar gelede gekoop het. Dit het my aandag getrek. Sedertdien het talle ander boeke met dieselfde sentrale tema verskyn: As jy jouself nie van jou opponent kan onderskei nie, loop jy die risiko om te sterf – minder dramaties gestel; die risiko van ondergang.
Alhoewel dit moeilik mag klink om ‘n Afrika jagsafari te onderskei, is daar tog baie sulke geleenthede as jy daaroor gaan dink, jou onderneming goed onder die loep neem en presies bepaal wie en wat dit is. Indien dit jou waardes is – is jy die ernstige stil tipe, ‘n feesdier, toegewyde Christen, familieman, geen-kinders man, eks-weermag? Noem dit; daar is altyd ‘n manier om jou te beskryf. You kamp-ervaring: Is dit formeel, modern, landelik, elegant, luuks, huislik, ‘n kasteel, ‘n herehuis, ‘n plaashuis of asof gaste by jou gesin inwoon?
Ek was al by talle fotokampe en dink aan interessante klein goedjies. By een was dit die olifantmis wat verpoeier en oor die paadjies gestrooi was om dit doodstil te hou as mens tussen die hutte rondstap. Probeer maar net op ‘n droeë mopanieblaar paadjie te stap om die verskil te ervaar. Ek sal dit nooit vergeet nie.
Vanaf die kliënte se aankoms in die kamp is die klein dingetjies, die aandag aan die detail van hul akkommodasie en etes, van uiterste belang.
Ek het onlangs met ‘n ondernemer gewerk wat die langste ononderbroke safari onderneming in sy land bedryf. Tog word die ontsettend belangrike onderskeiding in klein skrif weggesteek waar dit nie opgemerk word nie. Daar is net een onderneming wat die aanspraak kan maak en as dit jy is – maak seker almal weet dit!
Byna sonder uitsondering sê jagters dat dit absoluut alles tot en met die finale trek van die sneller is wat hulle as hul safari ondervinding in ag neem en jou voor onthou. Hoe meer aspekte jy kan raaksien om jouself te onderskei, hoe beter.
So, soek na verskille, jou ‘unieke verkoopstellings’ soos wat daarna in bemarkingstaal verwys word. My voorstel is dat jy die wêreld dan inlig oor hierdie onderskeidende elemente waarvoor jy uitstaan.
– Richard Lendrum
Die huidiglik mees toonaangewendste boek oor gewere en kalibers vir Afrika, African Dangerous Game Cartridges, is herdruk en nou weer beskikbaar in Suid-Afrika, Australië, Brittanje en die VSA. Hierdie volkleur, 460-blad, grootformaat, hardeband boek dek alles wat die internasionale jagter rakende gewere en patrone vir die jag van Afrika se gevaarlike wild moet weet. Dit bevat hoofstukke oor koeëlgedrag en -keuses, terminale ballistiek, geskikte geweer aksies, terugskophantering, teleskope, grootkaliber herlaai en in diepte besprekings van die 48 gewildste Afrika gevaarlike wild kalibers beginnende by die 9,3×62 tot by die monster .600 NE. Elke patroon word in detail bespreek onder hoofdse soos geskiedenis, tegniese spesifikasies, eienskappe, aanwending en prestasie en ook herlaai. Die boek bevat die volledigste versameling herlaaidata wat nog ooit vir grootkalibers publiseer is en die duisende brokkies data sluit dryfmiddels soos Accurate, ADI, Alliant, Hodgdon, IMR, Norma, Rottweil, Somchem, Tubal-Vectan, Vihtavuori en Winchester in. Dit kos ongeveer R 652.00 en kan bestel word van:
VSA – Outdoor Visions:
www.outdoorvisions.com
Afrika – Pathfinder Publications:
www.pathfinder-publications.com
Australië – Bunduki Books:
www.bundukibooks.com
Brittanje – David Grayling Books:
www.davidgraylingbooks.com
Peregrine, vervaardiger van die unieke bi-metaal koeëls wat soveel opspraak verwek, het die week ‘n nuwe toevoeging tot hul reeks gemaak met ‘n 130-grein VRG-3 koeël vir .303 kalibers. Die koeël is spesifiek gerig op bosgebruik in die 7,62x39mm kaliber CZ-527 jaggeweer, maar sal ook vlerke gee aan die .303 British en die 7,65x53mm Belgiese Mauser patrone.
Ruger in die VSA het onlangs ‘n bekostigbare nuwe intree-klas geweermodel wat as die ‘American’ bekendstaan vrygstel met ‘n VSA kleinhandel prys van minder as US$ 430. In Afrika behoort dit prysgewys met die Howa en die Remington M-710 te kompeteer.
Die American is in standaard en kompakte modelle beskikbaar. Algehele lengte vir die Standard is 42” (±107 cm) en vir die Compact is dit 36.75” (±93 cm). Die gewere weeg onderskeidelik 6-lb (2,72 kg) en 6¼-lb (2,83 kg).
Die American is ‘n trippelnok stootvoer ontwerp met 70° grendelrotasie. Die kolwe is uit ‘n swart mengsel vervaardig en met aluminium pakblokke toegerus wat Ruger as sy ‘Power-Bedding-System’ beskryf. Die sneller trek op die Savage AccuTrigger en kan tot 5 lb (2,27 kg) verstel word. Die American het ook die baie gerieflike haelgeweer tipe veiligheidsknip op die rompstert wat ons laas op die eerste 1968 Ruger M-77 gewere gesien het. Linkshandiges sal daarvan hou.
Die gehammerde lope op die American is 18” (±460 mm) lank op die Compact model en 22” (±560 mm) op die Standard model. Die Compact model is beskikbaar in .243 Winchester, 7mm-08 and .308 Winchester kalibers. Die Standard model kom in ‘n Short Action Standard weergawe gekamer vir dieselfde patrone sowel as vir die .22-250 Remington. Die Long Action Standard model is in .270 Winchester en .30-06 Springfield beskikbaar.
Ruger American gewere word nie met oop visiere toegerus nie, maar kom standard met ‘n stel basisse vir teleskoop montering. Die basisse is die Warne/Weaver tipe en behoort versoenbaar te wees met ‘n wye verskeidenheid ringe.
This will close in 2 seconds