Jul 30, 2013 | Bulletin - Julie 2013
Sedert die vorige Bulletin was toegegooi met die bemarking van ons internasionale jagskoue en om die nuwe webwerf www.africanhuntinginfo.com van die grond af te kry.
Daar is nog baie wat veral ten opsigte van die webwerf gedoen moet word, maar ons maak goeie vordering. U word uitgenooi om die webwerf te besoek en voorstelle te maak.
Die Bulletin sal voortaan ‘n gratis bemarking-cum-handelsmerk ontwikkelingsdiens aan die bedryf lewer.
Taksidermiste, jagondernemers en jagters kan ons voorsien met fotos van jul top trofeë. Ook wildboere kan fotos van hul beste diere wat op veiling gaan voorsien. Ons sal dit in die volgende Bulletin plaas sodat almal kan sien hoe goed u, u kliënte lei en welke trofeë hulle verwerf. Dis ‘n ongelooflike kans om jouself, jou maatskappy, dienste en produkte kosteloos te bemark.
– Pierre van der Walt
Jul 30, 2013 | Bulletin - Julie 2013
Field and Stream Taxidermy (RSA)
Eienaar se Naame: Tony Rathbone
Plek: Industria Straat 3, Louis Trichardt, Limpopo Provinsie, Suid Afrika
Jaar Gestig: 1984
Hoof Bedieningsgebierd: Limpopo
Tel Nr: +27-15-5161081
Fax Nr: +27-15-516 4823
Epos: info@fieldandstream.co.za
Webwerf: http://www.fieldandstream.co.za
Spesialiteite: Algemene Taksidermy
Behandeling en Verpakking: Self
Verskeper: Safari Air Cargo
Gemiddelde trofee prosessering: 8 maande; pasmaak monterings neem langer
Gemiddelde maandelikse trofeë: 150
Jul 30, 2013 | Bulletin - Julie 2013
CZ-557
Die Tjeggiese maatskappy CZ het ‘n nuwe model geweer bekendgestel – die CZ-577. Die CZ-557 vergelyk met die geliefde CZ-550 soos wat die na-’64 Winchester M-70 met die voor-’64 Winchester M-70 vergelyk. Die beproefde Mauser 98 beheersde voer uittrekker en statiese uitwerper in die brugwand word met ‘n kort versonke nael-tipe uittrekker en uitwerper in die grendelkop vervang. Dis onseker of die CZ- 577 die einde van die pad vir die gewilde CZ-550 voorspel, maar op hierdie stadium is beide modelle steeds beskikbaar.
Die CZ-557 beskik oor ‘n 20.5” (520mm) loop sonder visiere. Dit is tans in vaste magasyn formaat beskikbaar, maar sal vanaf 2014 met verwyderbare magasyne in sekere kalibers beskikbaar wees. Magasynkapasiteit is 5 patrone. Die CZ-557 weeg in die omgewing van 3,3 kg en sal beskikbaar wees in .243 Win, 6,5x5mm, .270 Win, 7x64mm, .308 Win, .30-06 Springfield en 8x57mm. Verwyderbare magasyn modelle sal ook die .22-250 Rem en die .243 Win patrone insluit.
Jul 30, 2013 | Bulletin - Julie 2013
Bushnell First Strike Reflex Sight
Teleskope het korrels en visiere vervang en deesdae begin weerkaatsvisiere (reflex sights) veld wen op taktiese en gevaarlike wild gewere. Alhoewel die weerkaatsvisier konsep al in 1901 deur Sir Howard Grubb gepatenteer is, het dit eers vanaf ongeveer 1975 begin veld wen toe die Sweedse maatskappy Aimpoint die tipe visier vir skouerwapens bekendgestel het.
Weerkaatsvisiere kom voor in ‘n groot verskeidenheid van groottes en ontwerpe. Bushnell het onlangs ‘n kompakte nuwe skermtipe visier, die Bushnell First Strike geloods. Die visier is weeg slegs 61 gram, is skaars 62mm lank en bied ‘n onbeperkte sighoek en onbeperkte oogvryheid. Dit is dus uiters geskik vir gebruik in digte bosse of op gevaarlike wild gewere. Dit pas outomaties by verskillende ligtoestande aan en is ook water- en skokbestand. Die een nadeel is dat die kolletjie se grootte 5 MOA is, wat beteken mens kan nie eintlik akkurater as ‘n 5” (127mm) groepering op 100 treë vuur nie, maar dis uiters geskik vir vinnige skote oor afstande onder 50 treë. Voorgestelde kleinhandelprys is ongeveer R2,800.00 afhangende van wisselkoerse.
Jul 30, 2013 | Bulletin - Julie 2013
So? Jy Kry Nooit Reaksie op jou Advertensies nie?
Ek het die opmerking al derduisende kere gehoor. Terwyl advertering nie ‘n presiese wetenskap is nie, is daar nogtans basiese beginsels. Net soos met jag is daar nadelige gevolge as jy nie die beginsels volg nie.
Voor ons egter na beginsels of reels kyk, is daar vare wat jy moet oorweeg. Bv. Wanner jy ‘n navraag kry, ongeag of dit per vonkpos, webwerf of oproep is, weet jy presies waar die oorsprong daarvan is? Dis jou eerste probleem.
Vind eers alles oor die navraag uit voor jy antwoord. Hoe het hy van jou gehoor? Is dit ‘n verwysing; was jy ge-Google? Het ‘n kliënt hom na jou verwys? Het hy dalk ‘n ou advertensie gesien? Daar is altyd ‘n oorsprong vir elke navraag. Jy moet dit bepaal. Hoe vinniger en deegliker jy hiermee is, hoe gouer sal jy ‘n patroon opmerk. Die uitdaging is dat daar soms verskeie oorspronge is wat nie duidelik onderskei kan word nie.
Byvoorbeeld. Ons stem almal saam dat mondelinge verwysings die beste oorsprong vir nuwe besigheid is, maar daar is ‘n oorweging. Gestel Bob is ‘n SCI-lid en alhoewel hy die SCI tydskrif lees, geniet hy die skou in Vegas geweldig. Aangesien hy op soek is na ‘n goeie kopie woon hy die jagveilings by. Daar hoor hy van ‘n lekker Afrika-jag met Thorniest Safaris – maar hy mis uit en vergeet mettertyd die onderneming se naam. Dit bly net ‘n vae herhinnering. Hy will hulle kontak maar omdat hy die naam vergeet het weet hy nie waar om te begin nie. Was dit ‘n advertensie in ‘n tydskrif, het hy die ondernemer by ‘n skou ontmoet, of het hy die afslaer oor die onderneming hoor praat? Hy onthou egter die kenteken. Reg geraai … daar was ‘n doringboom in die kenteken!
So ‘n jaar of wat later betree ‘n nuwerige kennis die prentjie. Dié kom terug van ‘n Afrika-jag en soos toeval dit wil hê – by Thorniest Safaris want dit was die persoon wat die dekselse jag op die veiling gekoop het. Bob blaai kort hierna deur ‘n tydskrif by Cabellas en sien weereens die spesiale jagaanbod, want Cabellas is Thorniest Safaris se agente. Nou steek die naam egter in sy kop vas. Wanneer hy later vir sy droom safari begin Google steek die naam Thorniest Safaris bo die ander uit in sy gemoed.
SO: Wat was die werklike oorsprong van sy belangstelling in Thorniest Safaris?
Wat was belangrik in die proses?
SOME RULES FOR ADVERTISING:
Trek Aandag: Jou advertensie moet uitstaan. Ongeag of dit die kleurvolheid is, plasing in ‘n tydskrif, indrukewekkende kenteken, opmerklike beelde of ontwerp is, dit moet aandag trek.
Behou Aandag: Dit moet die leser iets bied: verskeidenheid spesies, spesifieke ervaring, goeie pryse, waarde vir geld – maar dit moet iets bevat. Iets spesiaal.
Wees Bestendig: ‘n Enkele groot advertensie sal nooit so suksesvol wees as ‘n groter aantal kleiner advertensies nie. Soos mense deur webwerwe, tydskrifte of koerante kyk, so raak hulle beter met die inhoud bekend en sien gevolglik al meer. Nie almal prosesseer elke bladsy of alles wat hulle lees die eerste keer nie. Maar, met herhaling verbeter die waarskynlikheid om deur die meeste kopers opgemerk te word disproporsioneel en gevolglik ook die waarskynlikheid van ‘n reaksie. Herhaling werk.
Word as Bestendig Ervaar: Niemand kon nog die sielkunde onderliggend aan ‘n advertensie kwantifiseer nie, maar die geestelike proses is eenvoudig: Wanneer mens iets gekoop het en jy sien dan advertensies daarvan, dan verhoog die bevrediging. Hoe duurder dit was, hoe sterker die gevoel.
Advertensies word in werklikheid meer na die aankoop as voor die aankoop opgemer! Op hierdie stadium word jou kliënt met sy verhoogde bewustheid van jou advertensies jou beste mondelinge agent.
Vra jou kliënte om die boodskap mondeling uit te dra en vra ook dat hulle leesstof wat jou advertensie bevat versprei.
David Ogilvy sê dat slegs die helfte van advertering werk – hy weet net nie watter helfte nie! Sonder advertering het jy egter niks wat jou bemark nie.
Jul 30, 2013 | Bulletin - Julie 2013
RWS 7x75mm
Dit wil voorkom asof die 7x57mm Mauser patroon na 121 jaar die einde van die pad bereik het. In die VSA het die 7mm-08 Rem wat tot beter ballistieke gelaai word dit lankal onttroon. Al die Duitssprekende vervaardigers soos Blaser, Mannlicher, Mauser, Sauer en Steyr het dit ook reeds uit hul kaliber opsies gesny. Die Tjeggiese CZ maatskappy is die nuutste vervaardiger wat dit ook gedoen het. Huidiglik is daar geen belangrike wapenvervaardiger ter wêreld wat die ou Afrika strydros steeds aanbied nie.