Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Die volgende statistieke vir die Suid-Afrikaanse jagbedryf is deur Dr Herman Els vrygestel:
- 10 jaar gelede was daar minder as
- 5 000 wildplase in Suid-Afrika. In 2012 was daar 12 000.
- 10 000 van die plase het jag vrystelling.
- 20 Miljoen hektaar grond is in privaatbesit. Dit verteenwoordig omtrent 70% van grond wat vir natuurbewaring gebruik word; die ander 30% is nasionale en provinsiale parke in staatsbesit.
- Die jagbedryf het in 2011 die bedrag van R 7.7 biljoen genereer – 25% van SA se nasionale BBP
- R 3.1 biljoen per jaar word deur 250,000 biltongjagters in Suid-Afrika spandeer. R 2.1 biljoen per jaar is deur 15,000 oorsese trofeejagters spandeer. Die restant is verkry van toevoegings soos dienste, kos en verblyf.
- Trofeejag het minder impak op wildlewe as biltongjag.
- Jag is by vêrre die grootste bron van inkomste vir wildboere. Die verkoop van diere verteenwoordig slegs 5% van wildboere se inkomste.
- Sestig present van alle wildlewe in Suid-Afrika is in privaatbesit buite nasionale en provinsiale parke.
- Wild en jagboere is die grootste bydraers tot die bewaring van wildlewe.
- Wildplase skep drie maal meer werksgeleenthede as ‘n gewone veeplaas. Die afgelope paar jaar is meer as 70 000 werksgeleenthede op nuutgestigde wildplase geskep.
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Volgens ‘n onlangse persverklaring van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het die organisasie onlangs ‘n lid oneervol vir wildstropery ontslaan. Die persverklaring lui: ‘‘n Dissiplinêre komitee van die Vereniging het ‘n klagte oor die jagaktiwiteite van André Klopper (21) ondersoek weens sy betrokkenheid by onwettige jag- en nagskietaktiwiteite.’
Chries Niehaus, die HUB van SAJWV, het gesê dat Klopper se status as toegewyde jagter ingetrek is met onmiddelike effek en dat die Sentrale Vuurwapen Register dienooreenkomstig ingelig is. SAJWV het ook aanbeveel dat die SA Polisiediens Klopper onbevoeg moet verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Klopper se vader, Johan Klopper, was ook oneervol uit die SAJWV onstlaan na ‘n skietvoorval waar ‘n ander persoon ‘n oog verloor het. SAJWV het ook aanbeveel dat die SAPD Klopper senior onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Niehaus het beklemtoon dat die Vereniging verantwoordelike en etiese jag voorstaan en bevorder en gesê: ‘Ons verwag van elke lid van die SAJWV om hierdie beginsels na te volg. Ons sal geen optrede duld wat die beeld van die Vereniging en medejagters benadeel of hulle lewens in gevaar stel nie.’
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Op 29 November 2013 sal ‘n wysiging tot die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (CITES) van krag word en streeks ekonomiese integrasie organisasies toelaat om tot die Konvensie toe te tree. Die wysiging, wat as die ‘Gaberone Wysiging’ bekendstaan was in Gaborone, Botswana aanvaar op 30 April 1983.
Die Gaborone wysiging omskryf streeks ekonomiese integrasie organisasies (SEIO) as ‘organisasies gestig deur onafhanklike state met die bevoegdheid om ten opsigte van aangeleenthede wat na hulle verwys is deur hul Lidland en wat deur die Konvensie gedek word, internasionale ooreenkomste te onderhandel, te sluit en te implementeer. Huidiglik is die enigste SEIO met hierdie bevoegdheid ten opsigte van CITES aangeleenthede, die Europese Unie.
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
In Zimbabwe kan indiwidue met mynregte sianied by vooraanstaande chemikaliewinkels aanskaf. Dorpenaars van Tsholotsho word daarvan beskuldig dat hulle sianied verskaf het aan persone wat meers as 100 olifante oor ‘n periode van twee maande vergiftig het.
Mnr. Saviour Kasukuwere, die Zimbabwe Minister van Omgewing, Water en Klimaat, het die gebied onlangs besoek en die dorpenaars verseker dat die Minister van Binnelandse Sake, Mnr. Kembo Mohadi, ingestem het om nie te vervolg nie indien hulle die sianied in hul besit oorhandig.
Die nuutverkose MDC-T LP vir Tsholotso, Me. Roselene Nkomo, het Kasukuwere se voorgenome kwytskelding as voortydig afgemaak en dring daarop aan dat die verdagtes eers oop kaarte t.o.v alle feite moet speel. Sy hou vol dat een of meer persone vir die stropery verantwoordelik is en dat die regering die volle waarheid moet bepaal voor enige kwytskeldings gegee word.
Beskuldigings word gemaak dat die Zimbabwe regering die stropery toesmeer a.g.v. die moontlike betrokkenheid van politici en vooraanstaande sakemanne.
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
Wildlife Ranching South Africa (WRSA) vestig hul lede se aandag op die voorgenome heropening van die grond teruggawe eisproses. Dit verskaf inligtingsdokumente vir grondeienaars op hul webwerf. Die dokumente is nuut en op datum. Dit bevat nuwe bepalings wat met die Restitusie van Grondregte Konsep Wysigingswet, sowel as die nuwe Onteienings Konsepwet voorgestel is. Vir meer inligting besoek http://www.wrsa.co.za.
Oct 23, 2013 | Bulletin - Oktober 2013
RhinoDot Com is ‘n inligting en netwerk georienteerde veldtog wat ondersteuning vir die wettiging van handel met renoster horing werf. Dit het onlangs ‘n dokument saamgestel wat sommige van die interessant kritiek aanspreek wat hulle teen die voorgestelde wettiging van handel met renoster horing ontvang het. Dit kan afgelaai word van die wildboere se vereniging, Wildlife Ranching South Africa (WRSA) se webwerf: http://www.wrsa.co.za/news/item/401-criticisms-of-a-legal-trade-in-rhino-horn